Middies is ‘n klein skooltjie in die hart van die Karoo met ongelooflike toegewyde leerders en opvoeders…

Op Middelburg in die Karoo is ons in ‘n beskermde en veilige omgewing. Almal gee om vir mekaar, groet mekaar, gesels langspad en help mekaar waar ons kan. Ons ken almal mekaar se name, grille en geite en geniet ons as ‘n “familie” dit om te sien hoe elkeen ontwikkel op akademiese, sport en sosiale vlak.

Ons glo dat Middies baie potensiaal het, maar ons het elkeen van julle nodig om daardie potensiaal te bereik.

Hoërskool Middelburg bied oorgenoeg geleenthede en blootstelling vir elke leerder. Die skool fokus nie net op ‘n spesifieke sportsoort nie, maar ry gereeld iewers heen met die skietspan, skaakspan, tennis en al die ander spanne.

Vir elkeen is hier baie voordele by Middies.

Die skool het ‘n ongelooflike GEES!! Omdat ons so klein is, is die skool eintlik soos een groot familie. Hier is ‘n kind nie net ‘n nommer nie en kan jy nie tussen die massas verdwyn nie. Elke onderwyser stel belang in die welstand van die leerlinge en die leerlinge ondersteun ook mekaar.

Ouers kan ‘n groter rol in hul kinders se opvoeding speel as hul plaaslik skoolgaan, daarom moet die gemeenskap plaaslike skole ondersteun om sodoende die plattelandse skole te behou. Hier is soveel geleenthede en aktiwiteit om aan deel te neem en word hier werklik baie moeite op alle gebiede gedoen.

Hoërskool Middelburg Kontakbesonderhede

Telefoon: 049 842 1560
Faks: 049 842 3898
E-Pos: middies@adsactive.com
Adres:
Benniestraat
Middelburg Oos-Kaap
Suid-Afrika
Pos:
Posbus 204
Middelburg O.K.
5900

AANLYNNAVRAAGVORM

Bly op hoogte van sake!

Volg ons op “Facebook” vir al die huidige nuus en inligting.

Boodskap van die skoolhoof:

Welkom op ons Middies website. Om ‘n Middie te wees, plaas ‘n groot verantwoordelikheid op jou skouers. Met hierdie keuse, onderneem jy om altyd:

  • Net jou beste vir die skool te gee.
  • Lojaal te wees en jou skool se belange eerste te stel.
  • Met goeie gedrag en optrede jou skool se naam in ere te hou.
  • Trots te wees op jou skool en te help bou aan ‘n beter en groter Hoërskool Middelburg.

As ‘n trotse Middie kyk ons leerders altyd aan die einde van hul skoolloopbaan met heimwee terug op ‘n suksesvolle 5 jaar aan Hoërskool Middelburg.

Me Mariaan Stannard, skoolhoof

  • Opedag Agtergrond
  • Ope 18 (146)
  • Ooskaapspan Atlete 2
  • MCR (165)bf
  • DCIM100MEDIADJI 0063.JPG
  • MHS Krieket
  • 5