Middies Eeufees 1919 – 2019

Interskole en Eeufeesprogram

Die Interskole en Eeufeeskoors loop hoog op Middelburg! Die naweek van 1 – 3 Augustus 2019 gaan al wat leef en beef na Hoërskool Middelburg stroom waar die jaarlikse Interskole tussen Middelburg se 2 skole, Primêre Skool Karel Theron en Hoërskool Middelburg, teen Kirkwood gaan plaas vind.

Verskeie reünie groepe, oud-skoliere en selfs die regte egte Piet Pompies word op die dorp verwag! Donderdagaand begin die groot opwinding reeds tydens die “Big Brag” funksie in Karel Theron se skoolsaal waar die Interskole spanne dan aangekondig word. Sy edele Piet Pompies (van DJ Ossewa faam), gaan die gaskunstenaar by die geleentheid wees

Vrydagoggend is die optog deur die strate van Middelburg… Met tromme en vrolike kinderstemme word die inwoners en besighede dan net gou weer bewusgemaak van die Interskole naweek.

10:00 – 13:00 vind die laerskole tennis by Karel Theron plaas terwyl die hoërskole daarna van 14:00 – 17:00 by die Hoërskool Middelburg speel. Groot woorde en wyshede word gespreek wanneer die redenaars 11:00 – 13:00 teen mekaar meeding, terwyl  konsentrasie en slim skuiwe van 13:00 – 15:00 by die skaak gemaak word. Die golf slaan om 10:00 buite Middelburg op die gholfbaan af, terwyl die muurbal die aand van 18:00 – 20:30 by die Middelburg klub speel.

Vrydagaand gaan daar heerlik gekuier word by Karel Theron se skoolsaal waar Piet Pompies weer die gehoor gaan vermaak. Kaartjies vir hierdie spesifieke geleentheid is R150 en kan by die Hoërskool gekoop word. Skakel gerus 049 842 1560 om u tafel te bespreek!

Saterdag se netbal en rugby skop om 08:00 by die Hoërskool af. Die 1e netbalspan seremonie is 10:40 en sal die wedstryd om 11:00 begin. Om 12:30 gaan die Primêre Skool Karel Theron se Pom-Poms ‘n pronkvertoning op die rugbyveld lewer. Die 1e rugbyspan voorstellingseremonie vind daarna plaas sodat die afskop waarvoor almal wag om 13:00 kan plaasvind!

Moet verseker nie die groot Interskole en Eeufees van 1-3 Augustus mis nie. Middies skoliere gaan tydens die naweek “Vleis-vir Verf” lootjies @ R50 asook “Voorspel die Tellings” lootjies @ R10 verkoop waartydens die finale tellings van die netbal en rugby van die eerste spanne voorspel kan word. Die koors styg daagliks en die opgewondenheid oor die Eeufees is duidelik hoor- en voelbaar onder die kinders. Kom ondersteun skole en spelers tydens die spesiale naweek!

Hoërskool Middelburg bedank graag al die borge wat tydens 2019 ‘n bydra gelewer het asook elkeen wat ‘n verskil tot die vooruitgang en kleurvoller voorkoms by Middies gemaak het. Dit gaan verseker nie ongesiens verby nie.

Daar word met groot opwinding uitgesien na die komende Interskole waartydens Kirkwood en veral verskeie oud-skoliere en reünie groepe die skool gaan besoek. Mag goeie sportmangees hoogty vier tydens die kragmetings tussen Middelburg en Kirkwood!

Kontak MHS by 049 842 1560 of stuur e-pos na middies@adsactive.com vir navrae.

  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8

Inleiding

Middies is ‘n klein skooltjie in die hart van die Karoo met ongelooflike toegewyde leerders en opvoeders…

Op Middelburg in die Karoo is ons in ‘n beskermde en veilige omgewing. Almal gee om vir mekaar, groet mekaar, gesels langspad en help mekaar waar ons kan. Ons ken almal mekaar se name, grille en geite en geniet ons as ‘n “familie” dit om te sien hoe elkeen ontwikkel op akademiese, sport en sosiale vlak.
Ons glo dat Middies baie potensiaal het, maar ons het elkeen van julle nodig om daardie potensiaal te bereik.

Hoërskool Middelburg bied oorgenoeg geleenthede en blootstelling vir elke leerder. Die skool fokus nie net op ‘n spesifieke sportsoort nie, maar ry gereeld iewers heen met die skietspan, skaakspan, tennis en al die ander spanne.

Vir elkeen is hier baie voordele by Middies.

Die skool het ‘n ongelooflike GEES!! Omdat ons so klein is, is die skool eintlik soos een groot familie. Hier is ‘n kind nie net ‘n nommer nie en kan jy nie tussen die massas verdwyn nie. Elke onderwyser stel belang in die welstand van die leerlinge en die leerlinge ondersteun ook mekaar.

Ouers kan ‘n groter rol in hul kinders se opvoeding speel as hul plaaslik skoolgaan, daarom moet die gemeenskap plaaslike skole ondersteun om sodoende die plattelandse skole te behou. Hier is soveel geleenthede en aktiwiteit om aan deel te neem en word hier werklik baie moeite op alle gebiede gedoen.

Boodskap van die Skoolhoof:

Welkom op ons Middies website. Om ‘n Middie te wees, plaas ‘n groot verantwoordelikheid op jou skouers. Met hierdie keuse, onderneem jy om altyd:

  • Net jou beste vir die skool te gee.
  • Lojaal te wees en jou skool se belange eerste te stel.
  • Met goeie gedrag en optrede jou skool se naam in ere te hou.
  • Trots te wees op jou skool en te help bou aan ‘n beter en groter Hoërskool Middelburg.

As ‘n trotse Middie kyk ons leerders altyd aan die einde van hul skoolloopbaan met heimwee terug op ‘n suksesvolle 5 jaar aan Hoërskool Middelburg.

  • Slide 042
  • Slide 028
  • Slide 013
  • Interskole2015 031
  • Slide 037
  • Slide 027
  • Interskole2015 038
  • Slide 020
  • Atletiek 12
  • Slide 005
  • Interskole2015 079
  • Slide 023
  • Slide 019
  • Slide 021
  • Slide 022
  • Interskole2015 086
  • Slide 024
  • Slide 031
  • Slide 025
  • Skiet Main
  • Slide 008
  • Slide 026
  • Slide 030
  • Slide 032
  • Slide 010
  • Interskole2015 077
  • Slide 033
  • Slide 029
  • Slide 034
  • Slide 035
  • Slide 036
  • Interskole2015 080
  • Slide 038
  • Slide 040
  • Slide 039
  • Slide 041
  • Slide 017
  • Slide 001
  • Slide 011
  • Slide 002
  • Slide 006
  • Slide 003
  • Slide 007
  • Slide 004
  • Slide 012
  • Slide 014
  • Slide 015
  • Slide 016
  • Slide 018