JP Joubert ontvang volkleure vir sy deelname aan die 10th Africa Energy Awards kompetisie waar hy sy “Energy saving adaptor” saam met deelnemers van ander Afrika-lande aan die beoordelaars moes voorlê. Hy word ook vereer vir sy internasionale deelname.

J.P. Joubert, ‘n Gr. 12 Fisiese Wetenskapleerder van Hoërskool Middelburg in 2018 het in samewerking met prof. Claus van Basel, ‘n toestel ontwerp om die kapillêre aksie van water in verskillende grondtipes in die afwesigheid van swaartekrag te ondersoek.
J.P. het sy taak aan Prof. Claus voorgelê waarna hy na etlike verfyningsprosesse uiteindelik gereed was vir die groot dag.
‘n Spesiale vliegtuig van NASA is gebruik om die atmosfeer binne te gaan waar daar geen gravitasiekrag aanwesig is nie. Sodoende is waardevolle inligting dan ook ingesamel ten einde te bepaal of lewe op Mars moontlik is.

Hier verskyn JP Joubert van Middies saam met Prof Claus (inlas) voor die spesiale vliegtuig en bemanning.
MHS het weer in 2017 aan die jaarlikse Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes deelgeneem en puik presteer.
J.P. Joubert, Foxie Wolfaardt en Jana Olivier het deurgedring na die Nasionale Expo wat gedurende die September vakansie in Boksburg plaasvind.
Leerders wat deelgeneem het is:
J.P. Joubert – Hy ondersoek die effek van gravitasie op die kapillêre aksie van water by verskillende temperature.
Foxie Wolfaardt het bewys dat ‘n mengsel van as en swael gebruik kan word om ‘n padoppervlak op die maan te bou. Die grond op die maan se samestelling is dieselfde as braaivleis as.
Jana Olivier ondersoek die mees higiëniese verpakking van vars groente en vrugte.
J.P. en Foxie verwerf beide goud vir hul take terwyl Jana silwer verwerf.
J.P. verdien met sy projek ‘n eerstejaars beurs by KOVSIES en kry ‘n kontant prys geborg deur die Expo vir die beste projek Graad 10 – 12 op die vloer.
Ander toekennings is as volg:
Ammie Donian silwer vir haar taak, “Die ondersoek van Fisika t.o.v. reksprong”.
Jannie Blom silwer vir sy “JJ Energy Effecient Geyser”. Hy bewys dat die vooraf verhitting van water in swart pype elektrisiteit bespaar wanneer dit die geyser bereik. Hy installeer ook ‘n sirkulasiepomp in ‘n songeyserstelsel wat verhoed dat die pype bars.
Lodewyk van Heerden verwerf silwer vir sy taak, “The effect that vitamin and mineral supplementation has on the occurance of hair worm in sheep”.
Anna Blom verwerf brons vir haar taak wat handel oor “Rypbeskerming vir olyfbome” terwyl Reinhardt Pelser en Liezel Mentz ondersoek instel na die effek van verskillende tipes skille in grond op die groei van ertjies.
Nicole Joubert se projek “Vuur in ‘n buis” handel oor die beginsel van ‘n “fire-piston” om sodoende te dien as ‘n aansteker vir ‘n braaivuur.

Foto: Agter: Reinhardt Pelser, J.P. Joubert en Foxie Wolfaardt. Voor: Jana Olivier, Nicole Joubert, Liezel Mentz, Ammie Donian & Lodewyk van Heerden. (Jannie & Anna Blom afwesig)