MHS se 2018 Atlete
Anna Blom presteer in die 400m
Middies se Kleure Atletiekbyeenkoms het 2018 op Cradock se Rovers atletiekstadion plaasgevind. As gevolg van die droogte en waterbeperkings kon die byeenkoms nie tuis plaasvind nie. Vir verskeie atlete was dit ‘n eerste keer dat hulle op tartan gehardloop het en het hulle die ervaring baie geniet.
Die atlete het puik presteer en die volgende rekords het in die slag gebly: Vir stel Christopher Legg ‘n nuwe rekord op vir S/0 15 Gewigstoot met ‘n afstand van 12,36m terwyl Christiaan Vorster die S/0 16 Diskus rekord verbeter met ‘n nuwe afstand van 35,22m. Die Victor en Victrix Ludorum, toekennings waarvan die kriteria die mees veelsydige atleet van die dag is, is onderskeidelik Marelize Beukes en Wanga Thiso.
Tydens die dorpsbyeenkoms in Midros, het Middies se atlete 21 eerste plekke, 13 tweede plekke en 4 derde plekke behaal. Ongelukkig was daar geen hamer-, spiesgooi of diskus by hierdie byeenkoms nie. Indien hierdie 3 items aangebied was, sou daar verseker nog meer plekke behaal wees aangesien hierdie items Middies se sterkpunte is.
Altesaam 45 atlete het deurgedring na die Inxuba Yethemba Distriksbyeenkoms wat Saterdag 10 Februarie in Cradock plaasgevind het.
Megan Newton het deur die seisoen ‘n goeie hoogte en tye gehandhaaf en behaal sy ‘n 1ste plek in hoogspring en 80m hekkies by die Oos- Kaap Kampioenskappe in Port Elizabeth.
Tydens die SA- byeenkoms behaal Megan ‘n 6de plek uit 17 atlete vir hoogspring. Wat die prestasie meer merkwaardig maak is dat sy in die 0/15 ouderdomsgroep moes deelneem aangesien daar nie vir 0/14’s voorsiening gemaak word by die SA’s nie. Sy spog dan ook met ‘n hoogte van 1,60 meter.
Sy behaal ook ‘n 6de plek in haar uitdun vir die 80 m hekkies. Beslis ‘n prestasie om op trots te wees.
Megan Newton by SA’s
Hamergooi kliniek by MHS deur Charlie Koen aangebied:
Op 21 en 22 Februarie 2018 het 15 geesdriftige hamergooiers ‘n hamergooi-kliniek in Middelburg bygewoon wat deur Charlie Koen aangebied is.
Koen het groot geword in ‘n hamergooi huis. Sy pa, Charlie Koen snr. was ‘n voormalige S.A. senior rekordhouer. Sy broer, Basie Koen, is hoofafrigter in S.A. by die Hamergooi Akademie in Sasolburg terwyl sy seun Jacques, die 0.15 skole rekord van 72 m hou.
Charlie was self drie keer die 0.19 S.A. kampioen asook nege keer die S.A. Senior kampioen. Hy het ook Nasionale kleure in hamergooi verwerf.
Middies het tydens die afgelope atletiekseisoen 18 hamergooiers gehad wat hul vaardighede onder Koen se wakende oog kon slyp.
Hamergooi kliniek
Cradock Top 10 Atletiekbyeenkoms
MHS het einde 2017 aan die Cradock Top 10 Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Drie-en -tagtig skole het aan die byeenkoms deelgeneem en MHS behaal ‘n algehele sewentiende plek.
Jannie Blom tydens 400m by Cradock Top 10 Atletiekbyeenkoms
Amy Newton neem deel aan die Skole Top 10 Atletiekbyeenkoms
Die volgende atlete presteer:
A-Span
Jannie Blom S/17, 400 m, derde plek, brons medalje
Sanrie Lessing D/15 verspring, derde plek, brons medalje
B-Span
Wanga Thiso S/17 hamergooi, eerste plek, goue medalje
Guhan van der Ryst S/15, 800m, derde plek, brons medalje
Lihle Mlondleni S/17 hoogspring, tweede plek, silwer medalje
Wanga Thiso S/17 hoogspring, derde plek, brons medalje
Clive Green S/17 spiesgooi, eerste plek, goue medalje
Standard Bank/ J.P. Botha en J.F. Atletiekbyeenkoms
Middies se atlete het Oktober 2017 weereens puik presteer tydens die Standard Bank/ J.P. Botha en J.F. Atletiekbyeenkoms wat in Bloemfontein plaasgevind het:
Die volgende uitslae is behaal:
Lihle Mlondleni S/19 Hoogspring – 1ste plek
Wanga Thiso S/19 Hamergooi – 2de plek