Middies Eeufees 1919 – 2019

Interskole en Eeufeesprogram

Die Interskole en Eeufeeskoors loop hoog op Middelburg! Die naweek van 1 – 3 Augustus 2019 gaan al wat leef en beef na Hoërskool Middelburg stroom waar die jaarlikse Interskole tussen Middelburg se 2 skole, Primêre Skool Karel Theron en Hoërskool Middelburg, teen Kirkwood gaan plaas vind.

Verskeie reünie groepe, oud-skoliere en selfs die regte egte Piet Pompies word op die dorp verwag! Donderdagaand begin die groot opwinding reeds tydens die “Big Brag” funksie in Karel Theron se skoolsaal waar die Interskole spanne dan aangekondig word. Sy edele Piet Pompies (van DJ Ossewa faam), gaan die gaskunstenaar by die geleentheid wees

Vrydagoggend is die optog deur die strate van Middelburg… Met tromme en vrolike kinderstemme word die inwoners en besighede dan net gou weer bewusgemaak van die Interskole naweek.

10:00 – 13:00 vind die laerskole tennis by Karel Theron plaas terwyl die hoërskole daarna van 14:00 – 17:00 by die Hoërskool Middelburg speel. Groot woorde en wyshede word gespreek wanneer die redenaars 11:00 – 13:00 teen mekaar meeding, terwyl  konsentrasie en slim skuiwe van 13:00 – 15:00 by die skaak gemaak word. Die golf slaan om 10:00 buite Middelburg op die gholfbaan af, terwyl die muurbal die aand van 18:00 – 20:30 by die Middelburg klub speel.

Vrydagaand gaan daar heerlik gekuier word by Karel Theron se skoolsaal waar Piet Pompies weer die gehoor gaan vermaak. Kaartjies vir hierdie spesifieke geleentheid is R150 en kan by die Hoërskool gekoop word. Skakel gerus 049 842 1560 om u tafel te bespreek!

Saterdag se netbal en rugby skop om 08:00 by die Hoërskool af. Die 1e netbalspan seremonie is 10:40 en sal die wedstryd om 11:00 begin. Om 12:30 gaan die Primêre Skool Karel Theron se Pom-Poms ‘n pronkvertoning op die rugbyveld lewer. Die 1e rugbyspan voorstellingseremonie vind daarna plaas sodat die afskop waarvoor almal wag om 13:00 kan plaasvind!

Moet verseker nie die groot Interskole en Eeufees van 1-3 Augustus mis nie. Middies skoliere gaan tydens die naweek “Vleis-vir Verf” lootjies @ R50 asook “Voorspel die Tellings” lootjies @ R10 verkoop waartydens die finale tellings van die netbal en rugby van die eerste spanne voorspel kan word. Die koors styg daagliks en die opgewondenheid oor die Eeufees is duidelik hoor- en voelbaar onder die kinders. Kom ondersteun skole en spelers tydens die spesiale naweek!

Hoërskool Middelburg bedank graag al die borge wat tydens 2019 ‘n bydra gelewer het asook elkeen wat ‘n verskil tot die vooruitgang en kleurvoller voorkoms by Middies gemaak het. Dit gaan verseker nie ongesiens verby nie.

Daar word met groot opwinding uitgesien na die komende Interskole waartydens Kirkwood en veral verskeie oud-skoliere en reünie groepe die skool gaan besoek. Mag goeie sportmangees hoogty vier tydens die kragmetings tussen Middelburg en Kirkwood!

Kontak MHS by 049 842 1560 of stuur e-pos na middies@adsactive.com vir navrae.

Opedag 2017

Opedag 2017
Opedag 2017
Opedag 2017
Opedag 2017
Opedag 2017
Opedag 2017
Opedag 2017
Opedag 2017
Opedag 2017

 

Continue Reading

Sottekonsert 2017

Sottekonsert
Sottekonsert
Sottekonsert
Sottekonsert
Sottekonsert
Sottekonsert
Sottekonsert
Sottekonsert
Continue Reading

Sasol Solar Challenge 2016

MIDDIES en SASOL geniet ‘n SONNIGE dag tydens die SASOL SOLAR CHALLENGE by Hoërskool Middelburg op 27 September 2016!

Tydens die Sasol Solar Challenge se stop op Middelburg, was die Nuon Solar span van Nederland verseker hoog op die gunstelinglys. Hulle was ook die Finale wenners van die Solar Challenge met 4 716.7km. Japan was 2de met 4 544.2km en Hongarye 3de met 4 033.2km.

Solar Challenge 2016
Solar Challenge 2016
Solar Challenge 2016
Solar Challenge 2016
Solar Challenge 2016
Solar Challenge 2016
Solar Challenge 2016
Solar Challenge 2016
Solar Challenge 2016
Solar Challenge 2016
Solar Challenge 2016
Solar Challenge 2016
Continue Reading

Jay & Lianie

Jay & Lianie
Jay & Lianie
Jay & Lianie
Jay & Lianie
Jay & Lianie
Continue Reading

Ray Dylan, Len Muller & Sharoney

Ray Dylan, Len Muller & Sharoney
Ray Dylan, Len Muller & Sharoney
Ray Dylan, Len Muller & Sharoney
Ray Dylan, Len Muller & Sharoney
Ray Dylan, Len Muller & Sharoney
Ray Dylan, Len Muller & Sharoney
Ray Dylan, Len Muller & Sharoney
Ray Dylan, Len Muller & Sharoney
Ray Dylan, Len Muller & Sharoney
Continue Reading

Volleyball@Night

‘n Aand van kreatiwiteit en sport saam met vriende-Maryna Piek

Hierdie aand sorg verseker vir baie opwinding onder die leerders en almal bou al van vroeg af gees in hul spanne. Daar was vanjaar volleyball, tafeltennis en bowling gewees waaraan die leerders kon deelneem. Die spanne moes vir hul ‘n naam kies en daarvolgens aantrek.

In die tafeltennisfinaal was dit Christine en Hanje teen Dream Team. Die Dream Team het vir die tweede keer in ‘n ry die aand gewen. Baie geluk aan Will en Grethan.

In die volleyball finaal was dit MX’16 teen die Plaasjapies. Die Plaasjapies het toe die aand gewen.

Raymond Koen het die meeste punte gekry by die bowling en het ‘n prys gewen.

Dit was ‘n aand vol gees en al die spanne wat deelgeneem het, het baie moeite gedoen met hul uitrustings.

Continue Reading

Sotte Sokkie 2016

Die sotte het hul eerste ordentlike hoërskool sokkie gehad, waar hulle en die matrieks die eregaste vir die aand was. Die sotte was almal bietjie skrikkerig vir hierdie aand, want hulle moes almal ‘n matriek vra om te dans. Die matrieks het die sotte darem ‘n ding of twee geleer van dans. Dit was baie prettig en almal wat daar was het dit baie geniet. Die sotte moes volgens ‘n tema aan trek wat Tom en Jerry was. Die matrieks moes die film Grease uitbeeld. Die sot wat die beste volgens die tema aan getrek het was Carla Menz en die matriek was Sanmari Groenewald. Die aand was baie suksesvol en die LRR word bedank vir hul inisiatief.

Sotte Sokkie
Matrieks as Grease by Sotte Sokkie
Sotte Sokkie
Sotte Sokkie
Sotte Sokkie
Continue Reading

Sotte-oriëntering 2016

Om ‘n sot te wees is die begin van ‘n nuwe fase in jou lewe – S.J. Meyer

Sotte-oriëntering

Die eerste dag van hoërskool is ‘n baie stresvolle dag in elke kind se lewe. ‘n Maand of wat gelede was jy nog een van die groot menere in die Laerskool. Nou is jy die jongste saam met ‘n klomp groter en ouer kinders. Die ouer kinders is altyd intimiderend en hulle lyk asof hulle presies weet hoe die lewe werk. Dit is eintlik nie die geval nie, maar jy as graad 8 leerder glo dit.

2016 se sotte se tema was Dieretuin. Die sotte moes elke dag ‘n ander dier voorstel. Hulle het ook ‘n baksteen saam met hulle gedra wat dieselfde dier as hulle moes voorstel. Die oriëntering het oor ‘n tydperk van 8 dae geduur, dit was tydens die eerste twee weke van skool. Die jaar se sotte het almal mooi na hul matrieks geluister en almal het elke dag soos die tema aangetrek. Beide die sotte en die matrieks het dit geniet en ‘n band gevorm met mekaar. Die matrieks is reg om die sotte te help waar hul kan in hul eerste jaar van hul hoërskoolloopbaan.

Sotte 2016
Sotte 2016
Sotte 2016
Sotte 2016
Sotte 2016
Sotte 2016
Sotte 2016
Sotte 2016
Sotte Konsert
Sotte Konsert
Sotte Konsert
Sotte Konsert
Sotte Konsert
Sotte Konsert
Sotte Konsert
Sotte Konsert
Continue Reading

Pieter Koen & Willem Botha

 Juke Box Skole Toer 2016

Juke Box Skole Toer 2016
Juke Box Skole Toer 2016
Juke Box Skole Toer 2016
Juke Box Skole Toer 2016
Juke Box Skole Toer 2016
Juke Box Skole Toer 2016
Juke Box Skole Toer 2016
Continue Reading

Sevens

Middies het hul eie Touch Rugby Wêreldbeker gehou om in die gees te kom van die Wêreldbeker. Die top 8 lande het deelgeneem en die spanne het bestaan uit seuns en meisies.  Die leerders het dit baie geniet om uitrustings en krete te kry wat by hul lande pas. Die wenners was, soos dit hoor,…die Bokke!!

Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Sevens
Continue Reading
  • Slide 042
  • Slide 028
  • Slide 013
  • Interskole2015 031
  • Slide 037
  • Slide 027
  • Interskole2015 038
  • Slide 020
  • Atletiek 12
  • Slide 005
  • Interskole2015 079
  • Slide 023
  • Slide 019
  • Slide 021
  • Slide 022
  • Interskole2015 086
  • Slide 024
  • Slide 031
  • Slide 025
  • Skiet Main
  • Slide 008
  • Slide 026
  • Slide 030
  • Slide 032
  • Slide 010
  • Interskole2015 077
  • Slide 033
  • Slide 029
  • Slide 034
  • Slide 035
  • Slide 036
  • Interskole2015 080
  • Slide 038
  • Slide 040
  • Slide 039
  • Slide 041
  • Slide 017
  • Slide 001
  • Slide 011
  • Slide 002
  • Slide 006
  • Slide 003
  • Slide 007
  • Slide 004
  • Slide 012
  • Slide 014
  • Slide 015
  • Slide 016
  • Slide 018