2018 Kalender
- Version
- Download 409
- File Size 308.01 KB
- File Count 1
- Create Date June 6, 2018
- Last Updated June 6, 2018
Die Interskole en Eeufeeskoors loop hoog op Middelburg! Die naweek van 1 – 3 Augustus 2019 gaan al wat leef en beef na Hoërskool Middelburg stroom waar die jaarlikse Interskole tussen Middelburg se 2 skole, Primêre Skool Karel Theron en Hoërskool Middelburg, teen Kirkwood gaan plaas vind.
Verskeie reünie groepe, oud-skoliere en selfs die regte egte Piet Pompies word op die dorp verwag! Donderdagaand begin die groot opwinding reeds tydens die “Big Brag” funksie in Karel Theron se skoolsaal waar die Interskole spanne dan aangekondig word. Sy edele Piet Pompies (van DJ Ossewa faam), gaan die gaskunstenaar by die geleentheid wees
Vrydagoggend is die optog deur die strate van Middelburg… Met tromme en vrolike kinderstemme word die inwoners en besighede dan net gou weer bewusgemaak van die Interskole naweek.
10:00 – 13:00 vind die laerskole tennis by Karel Theron plaas terwyl die hoërskole daarna van 14:00 – 17:00 by die Hoërskool Middelburg speel. Groot woorde en wyshede word gespreek wanneer die redenaars 11:00 – 13:00 teen mekaar meeding, terwyl konsentrasie en slim skuiwe van 13:00 – 15:00 by die skaak gemaak word. Die golf slaan om 10:00 buite Middelburg op die gholfbaan af, terwyl die muurbal die aand van 18:00 – 20:30 by die Middelburg klub speel.
Vrydagaand gaan daar heerlik gekuier word by Karel Theron se skoolsaal waar Piet Pompies weer die gehoor gaan vermaak. Kaartjies vir hierdie spesifieke geleentheid is R150 en kan by die Hoërskool gekoop word. Skakel gerus 049 842 1560 om u tafel te bespreek!
Saterdag se netbal en rugby skop om 08:00 by die Hoërskool af. Die 1e netbalspan seremonie is 10:40 en sal die wedstryd om 11:00 begin. Om 12:30 gaan die Primêre Skool Karel Theron se Pom-Poms ‘n pronkvertoning op die rugbyveld lewer. Die 1e rugbyspan voorstellingseremonie vind daarna plaas sodat die afskop waarvoor almal wag om 13:00 kan plaasvind!
Moet verseker nie die groot Interskole en Eeufees van 1-3 Augustus mis nie. Middies skoliere gaan tydens die naweek “Vleis-vir Verf” lootjies @ R50 asook “Voorspel die Tellings” lootjies @ R10 verkoop waartydens die finale tellings van die netbal en rugby van die eerste spanne voorspel kan word. Die koors styg daagliks en die opgewondenheid oor die Eeufees is duidelik hoor- en voelbaar onder die kinders. Kom ondersteun skole en spelers tydens die spesiale naweek!
Hoërskool Middelburg bedank graag al die borge wat tydens 2019 ‘n bydra gelewer het asook elkeen wat ‘n verskil tot die vooruitgang en kleurvoller voorkoms by Middies gemaak het. Dit gaan verseker nie ongesiens verby nie.
Daar word met groot opwinding uitgesien na die komende Interskole waartydens Kirkwood en veral verskeie oud-skoliere en reünie groepe die skool gaan besoek. Mag goeie sportmangees hoogty vier tydens die kragmetings tussen Middelburg en Kirkwood!
Kontak MHS by 049 842 1560 of stuur e-pos na middies@adsactive.com vir navrae.