Middies Eeufees 1919 – 2019

Interskole en Eeufeesprogram

Die Interskole en Eeufeeskoors loop hoog op Middelburg! Die naweek van 1 – 3 Augustus 2019 gaan al wat leef en beef na Hoërskool Middelburg stroom waar die jaarlikse Interskole tussen Middelburg se 2 skole, Primêre Skool Karel Theron en Hoërskool Middelburg, teen Kirkwood gaan plaas vind.

Verskeie reünie groepe, oud-skoliere en selfs die regte egte Piet Pompies word op die dorp verwag! Donderdagaand begin die groot opwinding reeds tydens die “Big Brag” funksie in Karel Theron se skoolsaal waar die Interskole spanne dan aangekondig word. Sy edele Piet Pompies (van DJ Ossewa faam), gaan die gaskunstenaar by die geleentheid wees

Vrydagoggend is die optog deur die strate van Middelburg… Met tromme en vrolike kinderstemme word die inwoners en besighede dan net gou weer bewusgemaak van die Interskole naweek.

10:00 – 13:00 vind die laerskole tennis by Karel Theron plaas terwyl die hoërskole daarna van 14:00 – 17:00 by die Hoërskool Middelburg speel. Groot woorde en wyshede word gespreek wanneer die redenaars 11:00 – 13:00 teen mekaar meeding, terwyl  konsentrasie en slim skuiwe van 13:00 – 15:00 by die skaak gemaak word. Die golf slaan om 10:00 buite Middelburg op die gholfbaan af, terwyl die muurbal die aand van 18:00 – 20:30 by die Middelburg klub speel.

Vrydagaand gaan daar heerlik gekuier word by Karel Theron se skoolsaal waar Piet Pompies weer die gehoor gaan vermaak. Kaartjies vir hierdie spesifieke geleentheid is R150 en kan by die Hoërskool gekoop word. Skakel gerus 049 842 1560 om u tafel te bespreek!

Saterdag se netbal en rugby skop om 08:00 by die Hoërskool af. Die 1e netbalspan seremonie is 10:40 en sal die wedstryd om 11:00 begin. Om 12:30 gaan die Primêre Skool Karel Theron se Pom-Poms ‘n pronkvertoning op die rugbyveld lewer. Die 1e rugbyspan voorstellingseremonie vind daarna plaas sodat die afskop waarvoor almal wag om 13:00 kan plaasvind!

Moet verseker nie die groot Interskole en Eeufees van 1-3 Augustus mis nie. Middies skoliere gaan tydens die naweek “Vleis-vir Verf” lootjies @ R50 asook “Voorspel die Tellings” lootjies @ R10 verkoop waartydens die finale tellings van die netbal en rugby van die eerste spanne voorspel kan word. Die koors styg daagliks en die opgewondenheid oor die Eeufees is duidelik hoor- en voelbaar onder die kinders. Kom ondersteun skole en spelers tydens die spesiale naweek!

Hoërskool Middelburg bedank graag al die borge wat tydens 2019 ‘n bydra gelewer het asook elkeen wat ‘n verskil tot die vooruitgang en kleurvoller voorkoms by Middies gemaak het. Dit gaan verseker nie ongesiens verby nie.

Daar word met groot opwinding uitgesien na die komende Interskole waartydens Kirkwood en veral verskeie oud-skoliere en reünie groepe die skool gaan besoek. Mag goeie sportmangees hoogty vier tydens die kragmetings tussen Middelburg en Kirkwood!

Kontak MHS by 049 842 1560 of stuur e-pos na middies@adsactive.com vir navrae.

Kleredrag

Hare – Dogters

  • Enige “nuwerwetse” of  “afwykende” haarstyle moet vooraf aan die personeel voorgelê word vir goedkeuring.
  • Hare moet altyd skoon en netjies wees.
  • Hare langer as die kraag moet vasgebind word.
  • Los haarslierte moet met haarknippies vasgesteek word.
  • Vals haarstukke moet eers deur die beheerliggaam goedgekeur word voordat dit toegelaat word indien dit dieselfde kleur as die natuurlike haarkleur is. Dit moet gevleg en met ‘n rekkie vasgemaak wees.
  • Die kuif mag nie aan die wenkbroue raak nie.
  • Hare mag nie gebleik of gekleur word nie, m.a.w. geen kleursjampoe, kleurmousse, tinte, permanente kleur of sonstrepe word toegelaat nie.
  • Na ‘n vakansie moet die hare aan bogenoemde vereistes voldoen en geen grasie sal verleen word nie.
  • Slegs bottelgroen, bruin en swart rekkies mag gedra word nie.
  • Gewone haarknippies in blink, groen en bruin is toelaatbaar. Linte moet bottelgroen of swart wees.
  • Kopluise is ‘n hoogs aansteeklike siekte en ‘n dogter wat daarmee besmet is, moet tuis bly tot die probleem opgelos is.

Hare – Seuns

  • Hare moet kort, skoon en netjies wees.
  • Hare mag nie gekleur word nie, m.a.w. geen kleursjampoe, kleurmousse, tinte, permanente kleur of sonstrepe word toegelaat nie.
  • Geen uitspattige hairstyle en gekleurde hare word toegelaat nie.
  • Geen “steps” word toegelaat nie.
  • Kuiwe mag nie aan die wenkbroue raak nie (2cm bokant wenkbrou).
  • Baard en snor moet elke dag geskeer wees.
  • Hare mag nie aan die ore raak nie.

Juwele

  • Die dra van hangertjies, armband en ringe is nie toelaatbaar nie (slegs in die geval van medies redes).
  • Geen armband of kettings word om die nek toegelaat nie. Beslag sal daarop gelê word.
  • Slegs een dun ringetjie of klein goue of silwer knoppie word vir dogters, in die onderste gaatjie van elke oor toegelaat. Geen versierings in “stud”of ringetjie nie. Geen juwele vir seuns nie.
  • Geen tongringe, naeltjiering en toonringe mag gedra word nie.

Kleredrag

Algemeen:

  • Slegs bottelgroen tui of oortrektrui sonder strepe mag gedra word.
  • Kleurbaadjies en truie se moue mag nie opgetrek of opgerol word nie. Oorgroot truie en verrekte moue is ook ontoelaatbaar.
  • Wanneer hempsmoue opgerol word, moet dit netjies en tot bokant die elmboog opgerol word.
  • Geen skool- of sportdrag mag nie met ander drag gemeng word nie.
  • Alle deelname aan skoolaktiwiteite, hetsy wedstryddeelname of as toeskouer, moet in voorgeskrewe skool- of sportdrag bygewoon word.
  • In die winter word bottelgroen of swart serpe toegelaat.
  • Bottelgroen of swart handskoene mag gedra word.
  • Geen hemp of sporthemp mag uithang nie. Op die skoolterrein sowel as op straat, moet hemde altyd netjies ingesteek wees.
  • By skoolfunksies word die baadjie, das en skooldrag gedra.
  • Slegs skoolverwante lapelwapens mag gedra word, sowel as die hoogste Expo-toekenning en bloedbankdruppel. Geen landwapen, vissies, WWJD-bandjies, ens. Nie.
  • Alle skoolklere moet duidelik gemerk wees en geen klere of besittings mag in kleedkamers gelaat word nie. Geen verantwoordelikheid vir ongemerkte klere word aanvaar nie. Onopgeëiste klere word aan die klerebank geskenk.

Seuns

Somerdrag:

  • Gewone wit kortmouhemp sonder skooldas.
  • Grys kortbroek: Slegs Gr.12 seuns mag grys langbroeke dra.
  • Grys skoolkouse en swart skoolskoene, sonder hoë sole en gespes.
  • Die groen oortrektrui (pull over) kan oor kortmouhemp gedra word. Slegs Graad 12 leerders mag die wit oortrektruie dra.
  • Op koue dae kan die skooltrui gedra word en indien dit besonder koud is, kan die volle winterdrag gedra word.

Winterdrag:

  • Gewone wit langmouhemp met skooldas.
  • Grys langbroek.
  • Grys skoolkouse en swart skoolskoene, sonder hoë sole of gespes.
  • Groen skoolbaadjie met of sonder trui.
  • Groen oortrektrui (pull over) kan by langmouhemp gedra word.

Sportdrag:

  • Die volledige “Middies” sportreeks is beskikbaar by Ons Handelshuis.
  • Doen navraag by jou sportafrigter watter spesifieke sportdrag benodig word vir die betrokke sportsoort.

Dogters

Somerdrag:

  • Groen sesbaan rompie, wat nie hoer as 10cm bokant die knie sit nie.
  • Wit hemp sonder skooldas.
  • Wit sokkies en swart skoolskoene (sonder hoë sole).
  • Die skool se oortrektrui mag gedra word.
  • Op koue dae kan die skool se langmoutrui hierby gedra word en indien dit besonder koud is, kan die volledige winterdrag gedra word.

Winterdrag:

  • Wit langmouhemp met skooldas.
  • Swart skoolskoene (sonder hoë sole).
  • Groen skoolbaadjie met of sonder groen skooltrui of oortrektrui.
  • Groen sesbaan rompie met lang swart sykouse en kort swart sokkies.
  • Groen skoollangbroek en wit/swart sokkies.

Sportdrag:

  • Die volledige “Middies” sportreeks is beskikbaar by Ons Handelshuis.
  • Doen navraag by jou sportafrigter watter spesifieke sportdrag benodig word vir die betrokke sportsoort.

Naels en Grimering:

  • Naels mag nie verby die vingerpunte steek nie.
  • Geen naellak is toelaatbaar nie – slegs kleurlose naellak vir Graad 10-12 dogters.
  • Geen grimering word toegelaat by skool- of sportdrag nie.
  • Slide 042
  • Slide 028
  • Slide 013
  • Interskole2015 031
  • Slide 037
  • Slide 027
  • Interskole2015 038
  • Slide 020
  • Atletiek 12
  • Slide 005
  • Interskole2015 079
  • Slide 023
  • Slide 019
  • Slide 021
  • Slide 022
  • Interskole2015 086
  • Slide 024
  • Slide 031
  • Slide 025
  • Skiet Main
  • Slide 008
  • Slide 026
  • Slide 030
  • Slide 032
  • Slide 010
  • Interskole2015 077
  • Slide 033
  • Slide 029
  • Slide 034
  • Slide 035
  • Slide 036
  • Interskole2015 080
  • Slide 038
  • Slide 040
  • Slide 039
  • Slide 041
  • Slide 017
  • Slide 001
  • Slide 011
  • Slide 002
  • Slide 006
  • Slide 003
  • Slide 007
  • Slide 004
  • Slide 012
  • Slide 014
  • Slide 015
  • Slide 016
  • Slide 018